Vir die ware inkopie-slaaf is daar nóóit genoeg winkels nie - daarom was die SARIE-span in ekstase toe ons hoor dat ons nou nóg ’n paar nuwe internasionale handelsmerke kan koop!

Woolworths

Woolworths verkoop eersdaags die klere en bykomstighede van die Australiese handelsmerke Witchery en Mimco. SARIE was by die bekendstelling van dié reekse en die luukse materiale en stylvolle snitte het ons beïndruk.

 Whitchery/Mimco

Edgars

Edgars het nóg reekse by hul winkels ingesluit om vir jou meer verskeidenheid te gee. Dit sluit name in soos Lucky Brand (VSA), Topshop (Brittanje), Bebe (VSA) en Dune London (Brittanje).

Edgars Brands

Die nuutste modes

As jy ’n modeverslaafde is, kan jy beslis nie die kans deur jou vingers laat glip om by dié winkels uit te kom nie: Zara (Spanje), Cotton On (Australië), Gap (VSA), Tiger of Sweden (Swede), Scotch and Soda (Nederland), G-Star RAW (Nederland) en Karen Millen (Brittanje).

Veldtogte

Wat op ons wag ...

Ander internasionale handelsmerke waarna ons kan uitsien is

  • Die Sweedse handelsnaam H&M wat in 2015 sy eerste winkel in Johannesburg gaan oopmaak
  • River Island gaan ook vanaf Junie by Edgars beskikbaar wees
  • Forever 21 'n Amerikaanse handelsnaam maak ook middel 2014 sy deure in Canal Walk oop, die klere van hierdie winkel val onder dieselfde klas as Mr. Price en Topshop.

Klik hier vir die nommers van al jou gunstelling-winkels

H&M/ River Island

Forever 21

Trots SA

SARIE se aanlynwinkel ondersteun plaaslike ontwerpers soos Albertus Swanepoel, Loin Cloth & Ashes, Amanda Laird Cherry en Cheryl Arthur.

Watermelon Fin Dress van Colleen Eitzen en Colourblock Backpack Coral van Errol Arendz

*Toe die artikel gepubliseer is, was dié pryse korrek en die items was nog in voorraad.