Gebruik ons nuwe mooimaak-program en behalwe vir 'n splinternuwe voorkoms, kan jy ook parfuum wen as jy ons weeklikse wenner is.

Toets haarstyle (ook dié van jou gunsteling-celebs) en grimering met ’n nuwe mooimaak-program op sarie.com. Dis só maklik: Laai jou foto op of gebruik ’n modelfoto wat reeds beskikbaar is. “Blaai” deur die haarstyle en grimeeropsies. Stoor jou nuwe voorkoms, druk uit om na jou haarkapper te neem of deel dit met ander per e-pos.

BEGIN JOU MOOIMAAK-SESSIE

SPEEL & JY KAN WEN!
In die volgende 4 weke kies Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, en Mariska van Rooyen, skoonheidsredakteur, elke week die beste eindresultaat. Vertel jou vriende en familie, sodat hulle vir jou kan stem.

Hoe neem jy deel?
E-pos jou voor- en ná-foto met jou naam, van en kontakbesonderhede na sarie@sarie.com. Ons sal dit op sarie.com laai. Ander gebruikers kan kom stem, maar die finale wenners sal deur Fanie en Mariska gekies word.

Wat kan jy wen?
Elke wenner kry ’n bederfparfuum wat spesiaal deur Mariska uitgekies is. Die finale afronding vir jou nuwe voorkoms!

Sluitingsdatum
20 Augustus 2010

KYK HOE SPEEL MICHÉLLE MET DEMI MOORE SE HAARSTYL

Die ware Michélle!Michélle met Demi Moore se haarstyl

Wenners!

Fanie Cronjé (SARIE se sosiale- en stylredakteur) en Mariska van Rooyen (SARIE se skoonheidsredakteur) is die beoordelaars, en hulle kies elke week die beste makeover. Die wenner staan 'n kans om elke week 'n bottel parfuum te wen! 

 
Karina Venter
Week 4: Karina Venter

"Karina het nie te wild aangegaan nie, maar sy lyk beslis jonger. En ja, sy is mooi - maar nou word sy jonger. Die bietjie hare langs haar ore, ken en kuif maak haar styl nou meer modieus en modern. Sy het ook nie te hard probeer met haar grimerings nie. Net mooi natuurlik. Sy is nou n ouer vrou wat haar jare met trots dra, sonder om soos mutton dressed up as lamb te wees, sy laat haar klein, maar baie effektiewe make over vir haar werk." - Fanie Cronjé

* Karina WEN 'n bottel Eau de Sisley 3. Baie geluk!

 Denise Erasmus  Week 3: Denise Erasmus

"Sy het 'n radikale verandering ondergaan ten beste. Kyk sy was braaf om 'n onverwagse styl te kies. Waagmoed opsigself moet beloon word, juis nou dat dit so effektief op haar gesig werk. Die styl is beter vir haar gesigvorm. Die kuif komplimenteer haar haarlyn. Dit maak haar voorkop sagter. Die tekstuur langs haar kop laat haar langer gesig meer in balans vertoon. Die kleur is meer modern en sagter as haar eie donker kleur. Sy was ook reg om die fokus op haar oë te sit deur n smoky eye te kies. Die lipkleur is nie oordadig nie en pas by die sterker oog. Ek beloon vir die feit dat dit 'n regte-egte makeover is, wat radikaal van haar gewone look verskil en dit werk." - Fanie Cronjé

* Denise WEN 'n bottel La Prairie Life Threads Silver. Baie geluk!


Week 2: Michelle Bownes

Fanie en Mariska sê: Sy breek weg van haar konserwatiewe gewone pony-tail en waag nie net met kleur nie,
maar ook met die snit. Die kuif maak haar sommer in 'n kits hip. Die bruin kleur pas ook baie goed by haar.
Sy lyk sag en dit is asof haar skoonheid navore kom. Michelle is reeds 'n mooi vrou, haar nuwe
voorkoms komplimenteer haar skoonheid meer.
Nou lyk sy soos Heidi Klum! Dit is immers wat 'n makeover is.
Maak jouself oor, vir die beter!
Waag dus op stylvolle manier en probeer iets nuuts.

* Michelle WEN 'n bottel La Prairie Life Threads Gold. Baie geluk!



Talita Germishuys

Wenner van week 1: Talita Germishuys
Fanie en Mariska sê:
"Haar nuwe hare maak haar gesig sagter en gee aan haar 'n ovaalvormige gesig, wat oor die algemeen met skoonheid geassosieer word. Die hare laat haar nek langer lyk, en laat haar kakebeen kleiner vertoon. Dit vlei haar hele gesig. Die grimering, is nie te sleg nie. Dis jammer dat haar oë en lippe beide nogal swaar of donker gegrimeer is. Maar dit werk nou (net-net) vir haar. As sy minder oog skadu gebruik het, was dit perfek."

*Talita WEN 'n bottel Guess Gold-parfuum. Baie geluk!