Ondersteun ons jeug en kom geniet n wonderlike dag saam met hierdie uitmuntende kore. Daar word meegeding in 3 ouderdoms kategoriee vanaf Junior Laerskool tot Hoerskool. Hierdie fees is daarop gemik om skole n finansiele hupstoot te gee ter ondersteuning van hul ontwikkeling en bevordering van kore in skole. Daar is 11 kore wat deurgedring het na hierdie finale rondte. Die kore word onder andere ook beoordeel op hul vermaaklikheidswaarde. Elke koor moet ten minste een Afrikaanse werk sing. n Grootskerm TV is in die teetuin opgestel om seker te maak niemand mis uit op enige aksie nie. Heerlike versnapperinge sal ook te koop wees. Dit beloof om weereens n onvergeetlike dag te wees. Toegang is slegs R20 pp en kaartjies is beskikbaar by die deur.