Dis een van die modewêreld se grootste trends op die oomblik - rokke met uitsny-detail, oftewel cut out-rokke. Sal jy dit dra?

Met die bekendstelling van haar nuwe fliek, Wish I Was Here, het Kate Hudson én haar bikini-lyf omtrent die kollig gesteel op die rooi tapyt. Kate was die ster van die aand in ’n swart rok van Michael Kors met uitsny- én blink-detail.

Dié moulose swart skepping is regaf gesny en het die ma van twee se skraal figuur beklemtoon.

Kate Hudson by die première van Wish You Were Here FOTO: Gallo Images / Getty Images Kate Hudson by die première van Wish You Were Here
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate was nie die enigste ster wat ’n uitsnyrok na die première gedra het nie.

Allison Williams, bekend vir haar rol in Girls-faam, se blou knielengte rok van Altuzarra  het ’n diamantvormige uitsnyding gehad.

Allison Williams van Girls-faam by die première van Wish you were here FOTO: Instagram (@instylemagazine) Allison Williams van Girls-faam by die première van Wish you were here
FOTO: Instagram (@instylemagazine)

Die voorkoms is een van die afgelope jaar se gewildste voorkomste. Sterre soos die Oscar-bekroonde Lupita Nyong'O, Gwyneth Paltrow, Jessica Alba, Emma Stone, Kim Kardashian, Christina Aguilera, plaaslike sangeres en aktrise Leah én Kendall Jenner het dié trend al gevolg.

WAT DINK JY? IS HIERDIE VOORKOMS ’N MOET OF ’N MODE-FLATER? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Maak jou stem dik oor die bekendes se modeflaters op SARIE.com