Kom geniet 'n heerlike ontbyt of 'n ligte middag ete by 'n nuwe koffie winkel in Hennopspark, Centurion. Ons is elke dag oop vanaf 07h30 tot 17h00. 'n Verskeidenheid soet gebak is ook beskikbaar om saam met jou koffie of tee te geniet. 'n Reeks gevriesde etes is net die ding vir daardie aande wat u nie self kan kos maak nie. Kies tussen 'n Hoender & Feta & Butternut Lasagna of Lams pastei of wat van 'n Bobotie. Ons bak ook ons eie brode. 'n Groot gunsteling vir ontbyt is ons vars gebakte croissant met roereiers en spek. Ons doen ook borde vir vergaderings en funksies.