Die relatief onbekende aktrise Jaimie Alexander het al die aandag gesteel by die Hollywood-première van Thor: The Dark World.

Vir Thor-aanhangers is sy bekend as die sexy Sif in die Thor-films waarin Chris Hemsworth en Natalie Portman die hoofrolle vertolk. Maar Jaimie het seker gemaak sý trek al die aandag toe die tweede film in dié reeks bekendgestel is.

Die 29-jarige aktrise het ’n vollengte rok gekies wat op baie strategiese plekke deursigtig is. Die oorsese mode-kenners was verdeeld oor dié rok. Sommige het gesê sy wys te veel en dat dit onsmaaklik is, ander het baie van haar gewaagde styl gehou.

Nou kan jy jou mening gee – is Jaimie se rok ’n treffer of n flop?

"Thor: The Dark World" - Los Angeles Premiere - Arrivals

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Jaimie-Alexander-Sif-Thor-Movie-Poster Jaimie as Sif in 'Thor'