Die klank van dié Skullcandy-oorfone is veral goed en die ontwerp nommerpas, met volume en speelvolgorde wat op die versterkte koord verander kan word. Daar is ’n paar om uit te kies, maar vir ons is die Aviator (geïnspireer deur die ikoniese Ray-Ban-sonbrille)  ’n gunsteling.

REGTE PRYS:

R1 999,95 (en nié soos ons in die tydskrif as R199 aangedui het nie!)

WAAR BESKIKBAAR?

Slegs by uitsoektakke van Musica beskikbaar.