Daar was ‘n lang tafel met ‘n wit tafeldoek op, baie skottelgoed en groot bakke met baie gebakte eiers, boerewors, spek, tamatie, roosterbrood en ‘n ry bottels vol tuisgemaakte konfyte. Die mense het net klaar geëet toe ons daar opgedaag het maar daar was nog vreeslik baie kos oor. Die tannie het vir ons gevra of ons nie dalk ietsie wou eet nie? Ons wou net ‘Ja’ antwoord – toe my ma namens ons almal sê : “Nee dankie, ons het klaar geëet!” . Die tannie het die kos weggedra en vir die huishulp gegee. Alles bewyse van ‘n goeie gedissiplineerdeopvoeding! Ons ma’sprobeer dikwels voor ander mense wys hoe ons die dogters so ordentlik kry? As die gaste gekom het, moes ons op ons beste by die tafel bedien. Dis eintlik dan wanneer jy jou beste opvoeding kry en dikwels sommer nuwe dinge by leer. My ma se stemtoon het verander voor die ander tannies. Sy’t óf té saggies gefluister as ek iets moes gaan haal het wat sy vergeet het om tafel toe te bring, of sy’t te hard gepraat, as sy my ‘n splinternuwe les wou leer soos: “Janie, ons bedien mos nie botter in sy plastiekhouer nie, nê. Gaan sit dit gou in sy regte bakkie?”. ( Hoe lyk sy regte bakkie ma?) Die seuns word geleer om tawwe ouens te wees. As die pa’s saam met hulle vriende is, is dit juis die beste tyd om te wys dat hy nie ‘n ‘softie’ grootmaak nie. As boetie met ‘n bebloede knie van die rugbyveld af hardloop, is die raad: “ Ons huil nie as die ander ouens ons tackle nie!”. As die bullebak van die klas jou bloedneus slaan, wordjy geleer dat jyjou eie ‘battles’ moet leer ‘fight’!Met die beste bedoelings,verkleineer en verneder ons ons kinders en leer ons vir hulle lesse wat ons duur te staan kom later in die lewe. Ek is geleer omterug te staan, jammer tesê, ordentlik te wees. Ek het toegelaat dat die Hollanders by my indruk op die ski-slopes en in Londen het ek die moltrein gemis omdat ek aanhou “After you” durf sê het! Ek begin my sinne met “Verskoon my...” Ek is byna 50 en het nou genoeg hiervan gehad. Ek het ‘n plan... Ek gaan Freedom Day, Youth Day, Family Day, Happy Day en watookal los dié jaar. Ekgaan één Ruthless Day hê en kyk of my vel dikker is die volgende dag?... want waaragtig, partykeer het ‘n mens dit nodig!