Jennifer Lawrence se nuwe fliek, die tweede in die Hunger Games-reeks, is onlangs bekendgestel. Jennifer Lawrence wat een van die hoofrolle, Katniss Everdeen vertolk, het vinnig ’n gunsteling onder die jonger kykers geword. Dit was haar rol in Silver Linings Playbook waarvoor sy die Oscar vir Beste Aktrise ontvang het, wat haar aan ’n breër gehoor bekendgestel het.

Maar dié 23-jarige aktrise is nou besig om vir haarself ’n nuwe voorkoms en styl te gee. Sy het ’n paar weke gelede haar hare in ’n pixie-styl laat sny en begin al hoe meer waaghalsig op die rooi tapyt aantrek.

Sy het by die Los Angeles-première van die fliek dié deurskynende rok gekies. Nou kan jy jou mening gee – is Jennifer se rok ’n treffer of n flop?

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

FOTO: Instagram FOTO: Instagram

Jennifer en haar mede-spelers van "Hunger Games: Catching Fire" FOTO: Instagram Jennifer en haar mede-spelers van "Hunger Games: Catching Fire" FOTO: Instagram

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Jennifer Lawrence se styl-transformasie

(Klik op die foto om te vergroot)