Dié manier om vis gaar te maak het ek by die Britse sjef Reza Mahammad gekry. Hier is my weergawe van sy tegniek.

genoeg vir 6 porsies

• 500 ml ongegeurde jogurt

• 2 brandrissies, fyngekap

• 30 ml droë korrelmosterd

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

• 45 ml heuning

• hand vol koljander, fyngekap

• sap en skil van 1 suurlemoen

• sout en varsgemaalde swartpeper

• 6 x 100 g vars forel-porsies

• 1 klein stukkie houtskool (charcoal)

• 30 ml botter, gesmelt

Meng jogurt, rissies, mosterd, knoffel en heuning in ’n mengbak. Voeg koljander, sap en skil van suurlemoen by.Meng en geur goed met sout en swartpeper. Plaas forel in ’n plat bak en gooi marinade oor.Maak seker die forel is heeltemal bedek. Steek ’n stukkie houtskool oor ’n oop vlam aan die brand en plaas in ’n metaalbakkie. Plaas bakkie met houtskool binne-in plat bak met vis. Gooi botter oor die kooltjie en maak bak dadelik toe met foelie. Laat marineer in yskas vir 3 uur.Verhitoond tot 220 °C. Haal vis uit marinade en skud ekstra marinade af. Plaas op gesmeerde bakplaat. Bak vir 12 – 15 minute of tot net gaar. Sit voor saam met kekerertjie-slaai.