'n Uiltjie as beeldhouwerk wat ook as halssnoer gedra kan word, en 'n klein silwerbeeldhouwerk van 'n gholfsak en gholfstokke wat ook as borsspelde kan pryk, was onder die wen-inskrywings in 'n wedstryd vir voornemende kunstenaars.

Die uitdaging wat die Thuthuka-juweliersontwikkelingsprogram aan studente gerig het, was om 'n driedimensionele beeldhouwerk te skep wat ook as 'n juweelstuk kan dien. Die tema: Objects d'Art/Integration.

Studente wat deel is van die program word onder meer toegerus met vaardighede om hul eie onderneming te begin en bestuur. Hulle kon in 3 afdelings inskryf: ringe, halssnoere en borsspelde.

Ari Papageorgiou van die Universiteit van Johannesburg het met die uiltjie die prys vir die wen-halssnoer verower, terwyl Siyabonga Cele van die Durban Universiteit van Tegnologie die prys in die afdeling vir borsspelde met sy klein silwergholfsak en -gholfstokke opgeraap het.

Vir meer inligting, kontak: Carola Ross by 011 726 2502 of stuur e-pos na carolaross@mweb.co.za.