Cleo het sopas 'n wen-somerreeks vrygestel, in samewerking met Mr Price. Daar's 'n verskeidenheid pragtige blompatrone en rokke in die nuuste kleure en snitte. Almal kan nou ontwerpersklere besit!
RokkeCleo toon al van vroeg in sy loopbaan ongelooflik talent. Hier is 'n paar van sy hoogtepunte: 2008: Wenner van Foschini se ontwerptoekennings
2009: Voltooi sy diploma by Kaapstad College van Mode-ontwerp
         Word aangewys as die top gegradueerde van die nagraadse vertoning by Arise Kaapstad
         Modeweek
2010: Wen ELLE New Talent-kompetisie in samewerking met Mr Price
'n Paar vrae aan Cleo: Wat het jou met dié reeks geïnspireer?

Jeugkultuur, vreeslike helder kleure en lap met pragtige patrone wat ek in Parys gekoop het.
 Het jy gunstelinge in die reeks?
 Ek's lief vir als! Maar as ek moet kies, dan die peplum-patroonrok. Ek glo dis 'n lekker veelsydige item vir die somer.
 Wie bewonder jy in die modebedryf?
 Ek het groot respek vir mense soos Nicolas Ghesquière, Christobal Balenciaga en Christian Dior.
Beskryf jou styl in drie woorde.
 Eenvoudig, begeesterd, afgerond.
 Het jy 'n lewensleuse?
 Nee. Ek leef maar soos ek voel. Ek probeer om myself nie in te perk nie. Ek is spontaan en redelik sorgeloos. Ek neem die lewe nie te ernstig op nie.
Watter stokperdjies het jy buite die modewêreld?
 Ek hou daarvan om interessante goed na te vors, veral antieke geskiedenis. En ek's mal oor YouTube en die teater.
 Wat is vir jou die lekkerste ding omtrent ontwerper wees?
 Dat ek my kan uitleef in my werk. My werk is nie iets wat om 8vm afskop en tot 5nm aangaan nie. Dis 'n leefwyse. Ek het groot passie vir wat ek doen, omdat dit uit my wese vloei, en dis die belangrikste ding.