Tamsyn het gesê:
Ek wens net dat die wêreld 'n beter plek kan word vir elkeen van ons, dit was 'n moeilike jaar vir die meeste mense ryk of arm wêreldwyd. Ek wens dat elkeen as 'n persoon net meer vir mekaar en die aarde kan omgee. Kersfees is 'n tyd om te gee, gee dit jou alles!

Danille Dewing het gesê:
Ek wens dat elke kleintjie 'n geskenk sal kry. Al is dit 'n warm bord kos, 'n paar skoene, 'n drukkie en 'n "Ek is so baie lief vir jou", of 'n nuwe Barbie, PlayStation 3, ens. Alle kleintjies MOET spesiaal voel, en so min van hulle kry dit. Veral op Kersfees...

Lizere het gesê:
My wens vir Kersfees is dat die kriminele in ons land meer respek sal hê vir ander mense se lewens, en mooi dink voor hulle net doodmaak, verkrag of aanrand. En dat daar minder geweld sal wees teen kinders en diere, en dat elke persoon uitreik na iemand anders.

Lizelle het gesê:
My wens hierdie Kersfees is dat grootmense nie meer kinders sal seermaak nie, ek wens dat grootmense nie meer ander grootmense seermaak nie en ek wens dat elke grootmens en kind sy waarde sal sien en sal leef.

Corne het gesê:
My wens is dat ek en my man nooit sal vergeet wat ons in hierdie jaar geleer het nie, want finansieel was dit moeilik, en ons het soms gewonder hoe ons hierdie maand gaan deurkom. Maar elke maand het die Here voorsien en nie een dag het ons iets gekort nie. Laat hierdie Kersfees een van dankbaarheid wees en nie een van smagting na materiële besittings nie.

Deserise het gesê:
Daar is niks wat ek meer begeer as om weer my kinderjare saam met my ouers, broer en suster te beleef nie. Ek mis hulle. Dit was tye toe ek nog veilig en geborge gevoel het sonder enige vrese vir die toekoms.

Tarina het gesê:
My wens is dat ek die babaseuntjie waarvoor ek en my man bid, mag kry.