Die 52-jarige ma van twee, kinderboekskrywer, aktivis en aktrise Julianne Moore het al die aandag getrek by een van die belangrikse mode-geleenthede in Amerika. 

Alle oë was op Julianne by die CFDA (Council of Fashion Designers of America) en Vogue se mode-aand waar dié organisasie en tydskrif mode-ontwerpers vier. Sy het ’n donkerrooi blinkerrok van die ontwerper Tom Ford gedra en hoëhakskoene. Sy het haar voorkoms afgerond met smeulende grimering en ’n netjies agteroor gekamde haarstyl.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

FOTO: Julianne Moore en Tom Ford (Instagram) FOTO: Julianne Moore en Tom Ford wat dié rok ontwerp het (Instagram)

Wat sê Luzanne van der Watt, SARIE se senior mode-assistent, van Julianne se keuse?

  • Die klassieke rooi rok kry ’n moderne aanslag. Hierdie kleur is ryk en die blinkerstof maak die rok elegant en ideaal vir ’n aand-geleentheid.
  • Die rok se snit is klassiek en beklemtoon die vroulike silhoeët. Beslis ’n veelsydige en vleiende snit vir enige vrou se lyf!
  • Blinkerstof is ’n materiaal wat altyd in die mode sal bly, alhoewel kleure en style waarin dit gebruik word dalk verander. Dit gaan alles oor hoe en waarheen jy dit dra - dít bepaal watter items jy saam met die blinkerstof dra.
  • Die rok is die uitblinker en sy het die prentjie mooi afgerond met eevoudige bykomstighede, soos eenvoudige swart hakskoene wat die swart lyne van haar rok beklemtoon.
  • ’n Hoë hals is nie altyd vleiend vir vrouens met groter borste nie, so wees versigtig om ’n "polo-nek"-bolyf te kies, omdat dit jou baie groter kan laat lyk.

Dra pienk hierdie somer!

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Julianne se voorkoms

Julianne se grimering en hare is glansryk, elegant en op trend. Deesdae is dit hoogmode om jou hare in ’n middelpaadjie te dra en Julianne volg dié tendens met groot sukses. Haar gesig lyk skoon en skraal. Maak seker jy kies die regte haarpaadjie vir jou gesigvorm (klik hier om uit te vind watter paadjie pas by jou). Julianne se hare is mooi vasgesteek. Kry haar voorkoms met ’n mooi bolla of probeer ’n reguit poniestert.

Kry die perfekte bolla só

Julianne rond haar voorkoms af met rokerige oë en ’n neutrale skakering lipglans. Maak seker jy hou jou vel plooiloos, soos Julianne s’n, deur elke dag genoeg sonskerm te dra.

SARIE wys jou hoe om ’n rokerige oog te kry

Julianne se voorkoms in die SARIE-winkel

Ons hou van Julianne se blinkerstyl - veral vir al die glanspartytjies op die feeskalender. Moet dit nie oordoen en van kop tot toon blink dra nie, maar vier gerus dié seisoen met glans.

(klik op naam om te koop)

Maxi with sequined detail en Shimmer shift dress

Truffle dress en Sezze dress

Sequined vest en Metallic wrap dress

Sequined vest en Sequinned tank top

Peep-toe heels with leather bows en Noche dorada espadrilles

Sandals silver en Pumps with chain detail