Ons het laat weet dat jy 'n skinny-jean op sarie.com kon wen. Dít het julle gesê:

"O my, ek sal nie in n skinny pas nie wag maar vir die wye pyp kompetisie!" - Karin Minnaar

"Jip, hulle maak nie skinny's vir mense met groot kuite nie. Sal maar ook moet wag." - Christine Kapp

"Jippie! Ek wag nie alleen nie!" - Elydia Barnard

"Ek hoop ek wen dit dan kan ek dit teen my kas ophang en sit en drool..." - Annalie Jacobs

"Skinny-jeans is in die mode sedert 2008 hier in die VSA. Suid-Afrika is agter met modes." - Leizelle Jarana

"Bly om te sien ek wag nie alleen nie! Skinny-jeans doen dit nie vir my nie, ek is meer 'n wyepyp-tipe." - Fransisca Keyser

"Ek moet omtrent 6 maande dood wees voordat 'n skinny-jean my gaan pas." - Lizelle van Dyk