"Ek sal myself nie blootstel aan deelname eers nie. Maar ek geniet die gevegte rondom die boere." - Zelda Goldschagg Botha

"Ek dink persoonlik Johann en Stella pas uitstekend bymekaar, asook Francois en Samantha. Ludwig is ons gunsteling en hy en Alna pas ook perfek bymekaar. Pieter en Ashley pas mooi bymekaar, altwee is ewe kommin." - Cecelea Boshoff

"Ek is terleurgesteld in die reeks. Die eerste een was beter. Johan en Flip moes uitgeklim het, toe hul ander vroue ontmoet het en 2 van die ander boere moes kans gekry het." - Lanel Kotze

"Ja, ongelukkig is die tweede reeks een groot gemors. Sulke mense moet sommer dadelik gediskwalifiseer word en ander boere moet die kans gekry het om deel te neem. Ek hoop daar is 'n volgende reeks met verbetering, want die eerste reeks was ongelooflik. Dankie." - Anita Louise Kleynhans 

"Ek stem ook saam Lanel, hierdie reeks is regte die grootste gemors op TV - hoekom word ander boere nie 'n kans gegee toe Flip & Johann buite die program girls kry nie, maar hoekom in die eerste plek inskryf as jy wel jou eie soekwerk doen. En Pieter is so vol van homself, en Lynda het serious issues in haar lewe. En meer girls vote hulself af nog voor die boer 'n besluit kon maak. Nee, regtig waar! Ek hoop ook nie daar is 'n volgende reeks nie." - Fransisca Keyser