"When the dog bites, when the bee stings, when I'm feeling sad I simply remember my favorite things and then I don't feel so bad" (The Sound of Music). My vertrek is ons eetkamer, so in die middel van ons huis, op pad na ander vetrekke. Dit hou heelwat van ons gunsteling goeters - my oumagrootjie se kookvet potte, 'n Delft pot gekoop by 'n veiling in Den Haag, matte voor gespaar en voor gekibbel en my oupa en ouma se prentjie van 'n leeuwyfie en mannetjie, wat in die sitkamer op die plaas en later toe my oupa nie meer daar was nie in my ouma se huis se gang, wag hou op 'n rots en uitkyk vir gevaar. Hier het ons al lekker gekuier saam met vriende en familie, so op die ou stoele wat kraak en bewe, gekry van my ma gekry van 'n tante en 'n ander oumagrootjie. My enigste hartseer is dat my ma oorlede is voordat ons in hierdie huis ingetrek het maar so met alles in die huis leef sy elke dag saam met ons. Sarie, dankie vir die slim idee, ek hoop om nog baie lekker te kan kuier in ander lesers se hoekies/vetrekke.

Sien ander hoekies/vertrekke