Kate, of Catherine, hertogin van Cambridge, het onlangs weer bewys dat sy verdien om beskou te word as 'n mode-ikoon, toe sy by die koninklike Garter-parade by Windsor-kasteel geskitter het in 'n liggeel rok van Alexander McQueen en hoed van Jane Corbett. Sy het dieselfde uitrusting omtrent 'n jaar gelede aangehad by 'n ander geleentheid, en wys ons dat sy nie skaam is om dieselfde item twee keer te dra nie.  
Ewe stralend aan haar sy was Prins Charles se vrou Camilla, en Sophie, die vrou van Prins Charles se broer Edward, Graaf van Wessex. Camilla het lieflik gelyk in 'n roomwit rok van Anna Valentine en hoed van Philip Treacy, terwyl Sophie ligpienk gekies het. Die drie het almal soortgelyke vleeskleurige hofskoene gekies om hul uitrustings gesofistikeerd af te rond. 
Pastelkleure maak weer 'n groot verskyning vir somer 2012. Bekende ontwerpers soos Louis Vuitton, Marc Jacobs, Oscar de la Renta, Miu Miu en Lanvin is dol oor die pastel-gier.
 
Neutrale-kleur blinkleer hakke (R320), Foschini

Blinkleer-hakke
R320
Foschini
Beskikbaar vanaf Augustus in winkels