Dié silwer rok van die Britse ontwerper Jenny Packham was haar keuse vir 'n liefdadigheidsdinee wat gisteraand by die St James-paleis in Londen gehou is. Die Griekse snit met sy ruim, elegante voue, is uiters vleiend.

Natuurlik het dit die skindertonge ook weer laat klap. Daar word mos hoeka bespiegel dat Kate 'n afspraak met die ooievaar het ...

Intussen hou die paleis vol dat daar op dié stadium geen aankondigings is om te maak nie.