Kate het haar modevoetjie weer mooi neergesit toe sy en Prins William vroeër vandag (29 September) die Kankereenheid vir kinders by die South London's Royal Marsden-hospitaal geopen het. Sy het 'n ligte roomkleurige knielengte rok deur een van haar gunsteling ontwerpers, Amanda Wakeley, gedra. Daarby was 'n sjiek hoëhakskoen van die Britse winkelgroep, L.K. Bennett, die perfekte pasmaat.

Kate is al bekend vir haar voorliefde vir uitrustings wat sy in winkels eerder as by ontwerpers koop. Sy skroom ook nie om haar klere weer te dra nie, wel in nuwe kombinasies. Beslis die regte boodskap om in moeilike ekonomiese tye uit te dra!

Dink jy sy is 'n styl-ikoon?