Vir die afskop van vieringe om Koningin Elizabeth se 60ste jaar op die troon, die Diamond Jubilee, te vier het styl-ikoon Kate Middleton gister (8 Maart) in Leicester ál die aandag getrek – veral vir haar keuse om 'n modieuse, maar klassieke uitrusting van een van haar gunsteling-winkels, LK Bennett, te dra. Sy het in die afwesigheid van haar man, Prins William, haar plek stylvol langs Koningin Elizabeth en die Hertog van Edinburgh volgestaan.

Die juweelkleurige skakering van die uitrusting is een van die grootste modetrends van die seisoen. Ook die kort peplum-baadjie (valle aan die onderkant) wat sy bo-oor gedra het. Die vroulike peplum is selfs op die rooi tayte wêreldwyd te sien, soos Michelle Williams se koraalkleurige Louis Vuitton-skepping van vanjaar se Oscars en is 'n goeie keuse om vroulike kurwes te beklemtoon.

Die toekomstige Koningin van Brittanje het erken dat sy haar prins "geweldig baie mis". Prins William doen vir ses weke lank diensplig in die Falkland-eilande aan die kus van Argentinië. Die twee sal op 29 April hul eerste huweliksherdenking vier.

WAT DINK JY VAN KATE SE NUUTSTE UITRUSTING?