Weereens sit Kate nie 'n modevoet verkeerd nie! Op toer het sy in 'n verskeidenheid uitrustings verskyn, maar dis duidelik om te sien dat rokke haar gunsteling bly. Dié uitrustings is meestal die werk van Londense ontwerpers soos Alexander McQueen, Jenny Packham, Jonathan Saunders en Alice Temperley.

Hierdie is ons gunstelinge:

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate se toer-uitrustings is baie vroulik, met moderne patrone of kleure. Hierdie rok van Erdem is 'n wenner. Die blompatroon is kenmerkend van Erdem se Somer-2012-reeks. Dié rok was op die loopplank te sien tydens Erdem se Somer 2012-vertoning. Slegs die moue is vir Kate aangepas.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate ondersteun nog 'n Londense mode-ontwerper, Jonathan Saunders. Die helder patrone maak dié klassieke snit opwindend. Hierdie rok kan aanlyn gekoop word by net-a-porter teen sowat R16 351 (£1 219).

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Kate dra hier een van die groot mode-trends: pastel en kant. Sy lyk ongelooflik in hierdie rok van Alice Temperley. Sy bewys ook dat al is jou styl klassiek, kan jy eksperimenteer met hoogmode.

Die rok se kleur en ontwerp is 'n verlenging van Temperley se Somer-2013-reeks wat op 16 September by die Londense Modeweek vertoon is.

En wat was haar staatmaker-bykomstigheid by al drie hierdie uitrustings? Haar neutrale LK Bennett-hofkskoene. Duidelik 'n item wat elkeen van ons in ons kas moet hê.