Katie Holmes lyk altyd asof sy deur ’n ring getrek kan word. Tydens vanjaar se New Yorkse Modeweek het sy haar modewenke met US Weekly gedeel.

Katie is self ’n ontwerper en het ’n fyn oog vir detail. Saam met die stillis Jeanne Yang ontwerp hulle moderne, maklike en tydlose klere vir hul reeks Holmes & Yang.

Met dié handelsmerk wil hulle oplossings vir die alledaagse vrou gee. Klere wat gemaklik is in tydlose style wat jy maklik van dag tot aand kan verander, skryf dié duo op hul webtuiste. En dít is ook haar ideologie vir haar persoonlike styl.

Katie se modewenke

  • Kies sexy, maar vroulike uitrustings.
  • Moenie dit oordoen nie. Eenvoud is koning.
  • Laat die klere vir jou ’n silhoeët vorm. Jou klere moet nooit te styf óf te los sit nie.
  • Ek kies gewoonlik soliede kleure, maar speel met patrone.

Een van  Karen Millen  se uitrustings vir hierdie winter. FOTO; Verskaf Een van Karen Millen (beskikbaar by hul winkel in Sandton City) se uitrustings vir hierdie winter. FOTO; Verskaf

  • Klassieke neklyne werk goed by die meeste lyftipes.
  • Moenie die groot mode-trend van kop tot toon dra nie. Kies een item wat op trend is en dra dit saam met ’n eenvoudige uitrusting.

Een van  Tiger of Sweden  se voorkomste vir Winter 2014. Die swart winterbaadjie kry ’n nuwerwetse voorkoms met leer-panele, maar word met ’n klassieke wit t-hemp en potloodromp gedra. Foto: Verskaf Een van Tiger of Sweden (beskikbaar by hul winkels in Melrose Arch, Sandton City en die V&A Waterfront) se voorkomste vir Winter 2014. Die swart winterbaadjie kry ’n nuwerwetse voorkoms met leer-panele, maar word met ’n klassieke wit t-hemp en potloodromp gedra. Foto: Verskaf

Blaai deur die galery vir Katie se Holmes & Yang-ontwerpe

*Katie se klerereeks is nie Suid-Afrika beskikbaar nie, maar pas gerus haar modewenke toe vir ’n stylvolle voorkoms!

Klik HIER vir al die trends by die New Yorkse Modeweek

Klik hier vir ons koopgids met winkels se kontakbesonderhede