Katryn se fotosessie in die nuutste SARIE het soete herinneringe teruggebring vir Ma Aletta. Sy vertel hoe 'n vriendin van haar baie jare terug 'n koerantjoernalis by Die Burger was. Daar kry hulle toe 'n kleuter nodig vir 'n Moedersdag-fotosessie en vra of hulle die 15-maande-oue Katryn kan gebruik.

Die fotograaf was Jean du Plessis, die koerant se hooffotograaf in daardie jare. Hy is nou 'n vryskut-fotograaf en het 5 jaar gelede foto's van Katryn geneem. Volgens hom was Katryn beslis model-materiaal! En hoe reg was hy nie!

Hier is die foto’s van daardie dag. Dit lyk byna na dieselfde karoesel as wat in SARIE se November-modestorie verskyn!

FOTO: Die 15-maande-oue Katryn saam met 'n model op die karoesel.

Ook op 'n karoesel, maar hier is sy 15 maande oud.