Die 20-jarige Miley Cyrus het wéér geskok met ’n eina-klein nommertjie wat hulde gebring het aan die kletsrymers Tupac en Notorious B.I.G. (kyk na ’n foto van die uitrusting hier). Sy het die toekenning vir die beste musiekvideo ontvang vir "Wrecking Ball".

Die mooiste grimeervoorkomste van die musiektoekennings se rooi tapyt PLUS hoe om dit self te kry.

Katy Perry het met een van die grootste pryse van die aand weggestap. Sy is aangewys as die Beste Sangeres van die Jaar. Sy het ook tydens die geleentheid opgetree, maar dit is haar rooitapyt-voorkoms wat vir ons uitgestaan het.

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

FOTO: Getty Images / Gallo Images FOTO: Getty Images / Gallo Images

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Wat sê SARIE se moderedakteur, Amaria Carstens, oor dié uitrusting?

Katy Perry het haar vroulike kurwes beklemtoon in ’n noupassende rok in ’n pastelkleur. Dié klassieke snit kry ’n moderne aanslag met interessante moudetail.

Ons keuse uit die SARIE-winkel:

Pleated Chiffon Dress Pleated Chiffon Dress

Klik hier vir dié rok.

Vir nóg groen rokke, klik hier: http://bit.ly/HIIk6P

Katy se skoonheidsvoorkoms

Katy het pragtig gelyk met een van die jaar se gunstelinge: helderrooi lipstiffie! Sy het die voorkoms afgerond met rooi naellak, terwyl haar blink haarband die glans ook na die lokke in haar hare geneem het.

Ander wenners by dié geleentheid was

Beste Konsert: Beyoncé

Beste Pop-groep: One Direction

Globale Ikoon: Eminem

Beste Manssanger: Justin Bieber

Beste Nuwelinge: Macklemore & Ryan Lewis

Beste Hip-Hop: Eminem

Beste Liedjie: "Locked Out of Heaven" van Bruno Mars

Beste Voorkoms: Harry Styles van One Direction

Bron: US magazine