Gebruik jou selfoonkamera om jou kos af te neem. Mense wat boekhou van hul maaltye en peuselgoed, verloor dubbel soveel gewig as dié wat dit nie doen nie. ’n Vinnige foto van jou maaltyd kan jou help om binne ’n week gesonder eetgewoontes aan te kweek, wys Amerikaanse navorsing.