"Ons vier dié maand fees - saam met die span van 7de Laan! Hoe dan anders? Hierdie sepie het oor die laaste 10 jaar vir SARIE, en al die ander Afrikaanse tydskrifte in die land, meer voorblaaie en stories op gelewer as wat ons kan onthou. Paula, Emma, Felicity en kie. het nie net elke aand in ons sitkamers gekuier nie, maar kykers se belangstelling só geprikkel dat daar 'n byna onversadigbare behoefte was om meer te weet van die akteurs agter die gewilde karakters." - Michélle van Breda, SARIE se redaktrise.

Hieronder is al SARIE se 7de Laan-voorblaaie oor die jare - jy kan nou vir jou gunsteling vyf sterre gee!