Met al die nuwe sonbril-vorms wat nou in die winkels is, raak dit moeilik om te kies watter sonbril die beste by jou pas. Gebruik hierdie handige gids om ’n bril vir jou gesigvorm te kies.

Hoe weet jy watter gesigvorm jy het?

Sit ’n papier bo-oor ’n foto van jou gesig en teken die buitelyne van jou gesig af. Nou kan jy maklik identifiseer - het jy ’n ronde, ovaal, vierkantige of hartsvormige gesig?

Gesigvorm: hartvormig

Jou gesig is breër bo en maak ’n dun punt by jou onderkaak. ’n Hartvormige gesig word gekenmerk deur ’n breë voorkop, hoë wangbene, ’n smal kakebeen en ken.

Mej SA Marilyn Ramos én Mej SA 2011 Melinda Bam, het dié gesigvorm.

Jou bril

  • Kies ’n bril wat die aandag afwaarts sal trek.
  • Jou bril moet wydte byvoeg tot die smal areas van jou gesig. Daarom werk groot style goed.
  • Wees versigtig om ’n bril te kies wat té hoog sit, omdat daardie deel van jou gesig reeds breed is.

(klik op naam om te koop)

Tortoiseshell sunglasses in brown en White and black sunglasses

DIY: Stoor jou sonbril maklik en sonder moeite

Gesigvorm: vierkantig

Jy het sterk gelaatstrekke en ’n prominente kakebeen. Jou voorkop en jou kakebeen is omtrent ewe breed. Die lengte van jou gesig is minders as 1,5 keer die breedte.

Demi Moore het ’n vierkantige gesig.

FOTO: Gallo Images / Getty Images FOTO: Gallo Images / Getty Images

Jou bril

  • Kies ’n bril wat jou gesig sagter laat lyk.
  • Rondings en speelse ontwerpe sal jou sterk gelaatstrekke komplementeer in plaas van bekelmtoon.

(klik op naam om te koop)

Round sunglasses with pattern in brown en LS10051

Gesigvorm: sirkel / rond

Jy het ronde wange en jou gesigsvorm het nie skerp lyne nie. Die lengte en breedte van dié gesigsvorm is byna gelyk.

TV-persoonlikheid Elma Smit het ’n sirkelvormige gesig.

FOTO: Elma Smit (Instagram) FOTO: Elma Smit (Instagram)

Jou bril

  • Aangesien jy groter wange het as ander gesigsvorms, kies eerder ’n bril wat jou gesig lank en slank laat lyk.
  • Kies ’n bril met skerp hoeke en lense wat rondings na die onderkant het, sodat jou gesig langer lyk.
  • Kat-oog sonbrille is ’n goeie kopie, omdat dit na bo punt en sodoende lengte en ekstra vorm aan jou gesig gee.

(klik op naam om te koop)

LS90020 en Leopard-print cat-eye sunglasses

Gesigvorm: ovaal

Gelukkige jy! Die proporsies van jou gesig is redelik gebalanseerd en jy lyk goed met die meeste sonbrille (en haarstyle!).

Charlize Theron en Beyoncé het ovaalvormige gesigte.

FOTO: Gallo Images / Getty FOTO: Gallo Images / Getty

Jou bril

  • Speel rond! Jy het die gesigvorm waarop die meeste sonbrilstyle mooi lyk. Gebruik die geleentheid om modieuse vorms en helder kleure te kies.

(klik op naam om te koop)

Tropical floral sunglasses pink en Sunglasses with silver rim in turquoise

Kies 'n goeie sonbril vir goeie oog-gesondheid

Jy smeer jouself dik met sonbrandroom, maar weet jy jou oë is net so sensitief vir skadelike ultraviolet-strale (UV)? Kies daarom jou sonbril versigtig. Kyk vir sonbrille met  lense wat gepolariseer of ’n hoë UVbedekkingslaag het.

Die bekende sonbril-handelsmerk Oakley se polariseerde lense help jou om die wêreld te sien soos dit is, omdat dit alle lig-refleksies blok voordat dit jou oë bereik. Het jy geweet dat 'n goedkoop sonbril die omgewing bloot donkerder maak? Jou pupille trek dus nie saam nie en méér skadelike lig stroom jou oog binne! Dis skadeliker as wanneer jy glad nie ’n sonbril dra nie.

Lees meer HIER oor goeie oog-gesondheid