SARIE en CANINE CUISINE gee jou die kans om groot te WEN vir 'n dieresorg-vereniging.

Wanneer is Bailey gered?

Pet Pals in die Strand het Bailey en haar boetie in Junie 2014 gered. Hulle was haweloos langs die pad.

Hoe oud is Bailey?

Ses maande.

_MG_7002 Bailey saam met model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)

Wat doen Bailey graag?

Sy kou ENIGIETS.

Waarvan hou sy?

Sy hou van lang staptogte in die park en geniet dit om met ander honde te speel en om af en toe ’n eekhoring agterna te sit.

_MG_6978 Bailey saam met model Bernice Dodd (FOTO: Johan Wilke)

Waarvan hou sy nie?

Harde geluide en aggressiewe honde. Sy’s ook nie mal oor voëls nie.

Streke?

Bailey hou daarvan om nes ’n baba op haar mens te slaap. Dan maak sy die oulikste geluidjies.

CC Sarie comp image

IMG_7045 Bailey en sy eienaar, Kirsty Marmarellis

_MG_7014