Een van Edgars se gewildste reekse, Charter Club, het met 'n oplossing vorendag gekom. Hulle het 3 verskillende style ontwerp: die Hobo Chic, Divine Dome en Barrel Beauty. Al die handsakke is van gehalte-leer gemaak, met die “CC” – die Charter Club-onderskeidingsteken – op. Elke styl is beskikbaar in bruin en swart om jou klerekas te komplementeer en is perfek vir die afronding van 'n klassieke uitrusting. Charter Club-handsakke (vanaf R1 399) sal van middel Julie by uitsoek-winkels van Edgars te koop wees.
Vir meer inligting: 0800 203 925; www.edgars.co.za