Gebruik altyd vars knoffel, nie die soort wat jy in olie koop nie.

genoeg vir 6 – 8

• koekmeel vir uitrol

• 1 x 500 g-pakkie winkeldeeg

• 5 knoffelhuisies, fyngekap

• 200 g parmesaankaas, fyngerasper

Sprinkel dun lagie koekmeel op werkvlak en keer winkeldeeg daarop uit. Druk deeg met handpalms plat tot sowat 1 cm dik. Sprinkel knoffel en van kaas oor deeg. Rol op in stewige wors en rol wors dan in een groot deegbal. Smeer skoon mengbak met olie en plaas deeg in bak. Maak bak toe met kleefplastiek en laat rys vir 30 – 40 minute op warm plek tot dubbel in volume. Verdeel deeg in 12 porsies en rol in bolletjies met handpalms. Spuit ’n broodpan van 20 x 10 cm met kleefwerende kossproei. Pak bolletjies styf teen mekaar in pan en sprinkel oorblywende kaas oor. Laat rys weer op warm plek tot dubbel in volume. Verhit intussen die oond tot 180 °C. Plaas uitgerysde bolletjies in warm oond en bak vir 25 – 30 minute of tot brood goudbruin en gaar is. Laat afkoel op draadrak en sit voor met botter.