Bestandele:

1 groot blik ingelegde koejawels

1 rolkoek

1 bakkie maaskaas

1 blik kondensmelk

125 ml suurlemoensap

220 ml vla poeier

250ml vars room

1 pakkie aarbei jellie poeier

Metode:

Sny die koejawels fyn en plaas in kastrol.

Maak vla poeier met bietjie water aan tot gemeng. Bring koejawels tot kookpunt en meng vlapoeier by. Kook tot vla verdik het. Laat mengsel afkoel.

Meng kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap.

Sny rolkoek in skywe en plaas onder in tertbak.

Plaas 'n laag koejawelmengsel, en dan 'n laag kondensmelkmengsel.

Vir 'n groot tert (10 of meer mense), kan die hoeveelhede verdubbel word, en 'n mens kan dit dan in meer as een laag pak.

Klits room styf en smeer oor boonste laag.

Gooi droee jelliepoeier oor vir versiering/kleur.

Sien ander resepte