Toe Ray-Ban ons genooi het na die bekendstelling van hul "Never Hide"-veldtog in die Kaapse voorstad Observatory, het die uitnodiging gesê ons gaan soos "rock-sterre" kuier. Min het ons geweet dat ons letterlik só sou voel!

Ons is bederf met optredes deur talentvolle plaaslike kunstenaars soos aKING, Die Heuwels Fantasties, JR, Lark, Locnville, The Dirty Skirts, Thieve en Van Coke Kartel. Al hierdie kunstenaars kan gehoor word op die Never Hide-CD wat jy verniet kry as jy tussen Oktober en November 'n Ray-Ban-sobril koop.

Die CD se voorblad-illustrasie is deur Jarryd Kin. Hy het die ikoniese Wayfarer-sonbrille, wat gewildheid verwerf het danksy Bob Dylan, The Blues Brothers en flieks soos Breakfast at Tiffany's en Risky Business, herinterpreteer.

Mode-assistente Mareth van der Walt en Elsabé Kühn by die Ray-Ban bekendstelling!

Ray-Ban Launch

Vir meer inligting kan jy die webwerf www.ray-ban.com/southafrica besoek.