Soos die vyf verskillende Skotse enkelmoutwhiskies wat jy saam met die kenner Chris Koch kan proe. Hiermee saam is die smulhappies van SARIE se kosredakteur, Herman Lensing, ’n uitsonderlike smaak-ervaring. Kom ontmoet Herman en proe heerlik saam!

HIER'S DIE DETAILS

Waar: iCafé-koffiewinkel, Naspers-sentrum

Wanneer:
* Donderdag 27 Januarie 18:00
* Saterdag 29 Januarie 15:00
* Sondag 30 Januarie 18:00

Duur: 60 minute

Prys: R70 per persoon

WEN KAARTJIES!

2 SARIE-lesers kan elk dubbelkaartjies wen vir SARIE Smul en Smaak op Donderdag 27 Januarie. SMS SMUL (geen leestekens), gevolg deur jou naam, van, e-pos-
en posadres na die nommer 34687. (’n Tarief van R2 per SMS geld.)

SLUITINGSDATUM: 19 Januarie 2011.
Die wenners sal teen 21 Januarie 2011 telefonies in kennis gestel word.
 

SUIDOOSTERFEES
25 – 30 Januarie 2011

 

PROGRAM-HOOGTEPUNTE
* Die Wagner-opera Der Fliegende Hollander.
* Elsa Joubert se toneelstuk Sendeling met o.a. Lida Botha, Denise Newman en Zane Meas.

Lida Botha

* When the Saints Go Marching In, ’n teaterstuk wat woordkuns en musiek kombineer, met Virginia Davids en Pieter van Zyl.

* Suidoosterfees-afsluitingsgala met die Gugulethu Tenore, Madama Zingara’s Original Tons of Fun en die wenkore van die Kaap-Rapport-ATKV-korekompetisie.

* Die solovertoning As ek maar geweet het met Shaleen Surtie-Richards.

Shaleen Surtie-Richards

* Die sanggroep Mango Groove.

Claire Johnston van Mango Groove

Bespreek by Computicket. Vir die volledige program, besoek www.suidoosterfees.co.za.