In die somer, is dié pons altyd op my tafel. Dis maklik en baie verfrissend.

genoeg vir 8

• 2 groot komkommers, geskil en in lengte gehalveer

• sap en skil van 2 suurlemoene

• 100 ml jenewer (gin) of Pimm’s (opsioneel)

• 1 kg gebreekte ys

• 2 liter limonade

Plaas komkommer, sap en skil van suurlemoen in voedselverwerker. Meng op hoë spoed tot gladde mengsel. Druk deur ’n sif. Roer jenewer of Pimm’s by, of jy kan dit uitlaat as jy die pons sonder alkohol verkies. Plaas in yskas tot yskoud. Gooi in groot glasbeker van jou keuse. Voeg gebreekte ys en limonade by. Sit voor.