Ek het onlangs in die simplex alleen ingetrek. Hierdie was 'n formele sitkamer en was eenkant van die res van die huis. Deur 'n enkele muur uit te breek, het ek nou 'n wonderlike groot woonvertrek. Ek hou van skoon europese lyne en die inrigting. Ook is ek lief vir sterk kleure. Tog moet my huis warm, gesellig en snoesig wees. Modern en huislik, schick en tog gemoedelik. Ek het alle mure self geverf en so stadig bietjie vir bietjie my droomsitkamer binne 2 maande tot stand gebring. Ek hoop u hou ook daarvan.

Sien ander hoekies/vertrekke