Koop jy te veel?
Jy weet jy koop te veel as jy:

  • meer uitgee as wat jy kan bekostig.
  • nuwe aankope wegsteek.
  • onnodige items koop.
  • koop net omdat dit jou goed laat voel.
  • items in jou kas het wat ná 'n ruk steeds in hul verpakking lê.
  • duplikate van goed koop omdat die oorspronklike "weg" is.
  • gereeld dink oor geld en wat jy nog wil koop. As jy te veel gekoop het, stres jy en koop nóg om "beter" te voel.
  • sukkel om jou rekeninge te betaal en net die minimumafbetalings maak.
  • jou geld teen of vóór betaaldag op is of jy te veel skuld het.

As jy baie koop, het jy nie noodwendig 'n sielkundige probleem nie, sê dr. Desmond Painter, sielkundedosent. "Dis deel van ons kultuur om min te spaar en baie te koop."
Maar as jy jou aankope nie kan bekostig nie en nie kan ophou nie, kan jy dalk aan obsessief-kompulsiewe versteuring ly. 'n Oormatige gekopery kan ook een van die simptome van bipolêre gemoedstoornis wees. Kry sielkundige/psigiatriese hulp