Hulle was in 2011 die wenners  van die Afrikaanse - en die Setswana kategorieë. Adeline Radloff en Jenny Robson is ook vorige wenners, wat nou weer finaliste is in die Englese kategorie.

Tafelberg en Sanlam kondig met opgewondenheid die finaliste vir vanjaar se Sanlam-pryse vir Jeuglektuur aan. Ses finaliste is in elk van die drie kategorieë – Afrikaans, Engels en Afrikatale – aangewys.Altesaam R54 000 is op die spel: R12 000 vir die wenner (goud) en R6 000 vir die naaswenner (silwer) in elke kategorie.

Die finaliste in die kategorie vir Afrikaans is:

  • Jelleke Wierenga, van Orania
  • Maya Fowler, van Kaapstad
  • Dawie Louw, van Somerset Wes
  • Pieter Verwey, van Johannesburg
  • Annelie Ferreira, wat tans in Bristol, Wallis woon, en
  • Carin Krahtz, van Centurion.

Die finaliste in die kategorie vir Engels is:

  • Alastair Smurthwaite, van Johannesburg
  • Jenny Robson, van Maun, Botswana
  • Andrew Salomon, van Kaapstad
  • Andre Eva Bosch, van Kaapstad
  • Carolyn Morton, van Port Elizabeth en
  • Adeline Radloff, van Kaapstad.

In die kategorie vir Afrikatale ding die volgende finaliste mee:

  • Sipho R. Kekezwa (IsiXhosa), van Kaapstad
  • Tsireledzo Mushoma (Tshivenda), van Johannesburg
  • Olive Dineo Kekana (Sepedi), van Johannesburg
  • Mbongeni C. Mzimande (IsiZulu), van Port Shepstone
  • Dumisani Simon Hlatshwayo (IsiZulu) van Johannesburg
  • Kabelo Duncan Kgatea (Setswana), van Rustenburg.

Die wenners word in Oktober 2014 aangekondig en die wenboeke sal kort daarna op boekwinkelrakke en in e-boekformaat beskikbaar wees.

Die Sanlam-prys vir Jeuglektuur word elke twee jaar toegeken. Vanjaar was skrywers nie verplig om volgens ’n voorgeskrewe tema te skryf nie en daarom is baie opwindende en uiteenlopende manuskripte ontvang. Die wedstryd het ook vanjaar ’n rekordgetal Zoeloe-inskrywings ontvang.

Die manuskripte word anoniem beoordeel.