My koue weergawe van paella.

genoeg vir 8

• 3 koppies (750 ml) basmati-rys

• 1 500 ml hoenderaftreksel

• 30 ml olyfolie

• 300 g chorizo-wors, in ringe gesny

• 24 steurgarnale, skoongemaak

• 250 ml witwyn

• 1 kg swart halfskulpmossels

• 400 g kersietamaties, gehalveer

• hand vol koljanderblare, fyngekap

• sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene

• sout en varsgemaalde swartpeper

Kook rys in hoenderaftreksel tot sag en gaar – sowat 15 – 20 minute. Laat afkoel tot koud. Verhit olyfolie in groot pot en voeg wors by. Roerbraai 3 minute. Gooi steurgarnale by en braai nog 3 minute. Voeg wyn en mossels by. Maak pot toe en stoom 8 – 10 minute of tot seekos gaar is. Verwyder van hitte en laat afkoel.

Meng rys, seekos, tamaties, koljander, suurlemoensap en -skil saam. Geur goed met sout en peper. Sit voor.