Een van Hollywood se mees geliefde paartjie is weer saam ná Kristen se affair met haar Snow White and the Huntsman-regisseur, Rupert Sanders, vroeër vanjaar. Vir Twilight-aanhangers kan dit nie 'n beter afsluiting vir die Twilight-reeks wees nie!

Vir die langverwagte première het Kristen (22) witwarm gelyk in haar gewaagde Zuhair Murad-rok met 'n goue korset en panele van chiffon en deursigtige kant. Haar lang bruin lokke het in ware ou-Hollywood-styl oor die een skouer gehang. En die rooipienk lip was die perfekte afronding van hierdie voorkoms.

Kêrel Rob (26) het net so stylvol gelyk in 'n groen, geweefde snyerspak van Gucci. Wonder of dit gekies is om by Kristen se groen oë te pas . . .

* Twilight Breaking Dawn Part 2 begin Vrydag 16 November 2012 in Suid-Afrika draai. Bespreek vir 'n spesiale voorskou Donderdag 15 November!

Kristen en Rob Pattinson weer saam