Vanjaar het die gesoute aktrise Meryl Streep haar agste Golden Globe gewen, dié keer vir haar rol as Margaret Thatcher in The Iron Lady. En met die Golden Globes-glansgeleentheid nog vars in die geheue, is ons herinner aan daardie klassieke rol van haar in Out of Africa – hoeka ons modedirekteur Chris se gunsteling-fliek. Dis in 1985 uitgereik – presies 'n eeu ná die Deense skrywer van die boek, Barones Karen Blixen-Finecke (Meryl Streep) gebore is. En in 1986 het Streep die Golden Globe vir beste aktrise in 'n drama daarvoor gewen.  Chris Viljoen, modedirekteur:

“Lyk Afrika-sjiek – sonder dat jy jou kop hoef te breek oor meng en pas.”

Koop die barones-slooprok nou op sarie.com en kry die Afrika-sjiekvoorkoms binne 48 uur in jou klerekas.

Die barones-slooprok van Jenja.