Ons het vroeër vanjaar met nuwe teëls, verfkwaste en ‘n boor in ons badkamer ingevaar. Die idee was om ‘n ruimte te skep waar jy rustig kon terugsit/lê om op ‘n trip-down-memory-lane te kan gaan. Ons is beide in 1983 gebore en ikone uit ons geskiedenis (en hede) soos Madiba, Nataniël, Riaan Cruywagen en Jan van Riebeeck was van die eerstes wat ‘n plekkie op ons muur gekry het. Saammet hulle, is ook die bekende foto van die ‘Drie Geslagte’ wat in die Boere-oorlog geveg het, die fliek titel ‘The God’s must be crazy’ saammet ‘n bypassende glas coke-botteltjie, ‘n ou R2 noot, ‘n Lion vuurhoutjie boksie met die Springbok embleem daarop (wêreldkampioene), ‘n koedoe trofee (my man is mal oor koedoes en dit is die naaste aan ‘n trofee wat ons ooit in ons huis gaan ophang), ‘n windpomp, voorstelling van die Voortrekker Monument, ‘n bordjie wat sê ‘What would Macgyver do?’, Dawie die Kabouter en sy trawante asook ‘n Afrika kontinent. Nou kort nog net die klein protea’tjies wat ek op die wit canvases wil verf. Ons het die Coca-Cola rooi as aksentkleur deurgetrek en sommer ook ons outydse pootjie-bad aan die buitekant rooi geverf. Hierdie badkamer laat ons tuis voel, tuis in ons land, geskiedenis en huis!

Sien ander hoekies/vertrekke