Hoewel dit mense wat hom slegs as 'n ikoniese figuur ken, mag verbaas, het Mandela my male sonder tal tydens ons onderhoude vertel hoe bang hy by verskillende geleenthede was.

Moed is nie om nie bang te wees nie, het ek by hom geleer. Dis die vermoë om jou vrees te bowe te kom. En dit is Mandela se definisie van moed: Om voor te gee dat jy dapper is. Vreesloosheid is gelyk aan onnoselheid. Moed is om nie toe te laat dat vrees jou onderkry nie.

Soms is dit slegs deur 'n dapper front voor te hou dat jy ware moed ontdek. Soms is die front jou moed.

Gee voor dat jy dapper is, en jy sal nie net dapper lyk nie; jy sal dapper wees.