Gee jou kinders klein takies of verantwoordelikhede by die huis. Kinders kry ’n groter waardering vir tyd en opoffering as hulle leer om van hul tyd te gee. Hulle kan byvoorbeeld help om tafel te dek en af te dek, die skottelgoedwasser uit te pak of om die swembad skoon te maak.

Let wel, sonder betaling, net ’n “dankie, ek waardeer jou hulp”.