Second Skin (Refine Your Style) Egte leer baadjies, begin deur Dijana, is 'n op-en-komende handelsnaam wat spesialiseer in sagte-leer baadjies wat van Thailand af ingevoer is, en die kwaliteit is manjifiek.

Die baadjies is vir beide mans en vroue, maar binnekort sal daar vele meer verskeidenheid wees, vir elke smaak en grootte.  Kliënte is sover mal oor die sagte leer, mooi kleure, die verskillende snitte en bo alles- die billike prys wat tussen R1000-R1200 wissel.  Die baadjies is van top-gehalte skaap en bees velle gemaak, en daar is die mooiste style om van te kies.

Die verskeidenheid sluit in: The Transformer, The Biker, The Hooded Biker, asook The Varsity Cut en The Collar.

Die baadjies word huidiglik verkoop by 'n boetiek, me.co in Braamfontein, asook privaat deur Dijana. Besoek hul facebook blad by http://www.facebook.com/pages/Second-Skin-Refine-Your-Style/315007685242247?ref=ts