Nooit is ’n lang, lang tyd, Anchien Troskie (Kwela, R174)
Heerlike chic-lit uit die pen van die skrywer van Dis ek, Anna. Drie jarelange vriendinne in hul veertigs gaan op ’n seevakansie. Hulle vind uit in hul vriendskap was hulle nooit eerlik met mekaar oor hulle lewensomstandighede en verhoudings nie. Karien, Amelia en Daleen se persoonlike lewens is eintlik glad nie wat hulle voorgee dit is nie. Soos hulle reis, ontvou ’n verhaal van huweliksontrou, verraad teenoor ’n vriendin en sielsontboeseming oor een van die vriendinne se seksuele voorkeur. Karien se man verneuk haar, Daleen het ‘n verhouding met ‘n getroude vrou en Amelia het ‘n affair met Karien se man gehad. Dit sorg vir meesleurende drama.
 Wilde lote, Jaybee Roux (Jasmyn, R150)
Lizelle Fourie keer terug na Roosdal nà sy die dorp vier jaar gelede met ‘n ongure reputasie verlaat het. En saam met haar is Hansie, haar vierjarige seuntjie sonder pa. Maar hy het die Ludiks se oë. Sy en Heinrich Ludik, die “wilde loot” van die Ludik familie was jare gelede op skool gekys, maar het kontak verloor. En nou wonder almal watter een van die Ludik broers is die pa: die “wilde loot” Heinrich of die getroude, bestendige Wilhelm? Dit veroorsaak natuurlik konsternasie in almal se verhoudings en net tyd sal leer of Sanet by Heinrich gaan staan en of Anneline en Wilhelm se huwelik die dilemma gaan oorleef.
 The glamorous (double) life of Isabel Bookbinder, Holly McQueen (Arrow Books, R121)
Isabel Bookbinder is vasgevang in ‘n oninspirerende lewe. Sy het ‘n vervelige werk by ‘n koerant waar sy kopie per duim meet, maar eintlik wil sy ‘n skrywer wees met ‘n topverkoper wat die geld laat inrol. In haar ideale lewe reis sy van een boekbekendstelling en skrywersgeleentheid na die volgende.Sy werk met ‘n plan en het reeds die perfekte voorkoms en kleredrag vir haar nuwe lewe geskep. Ongelukkig vir Isabel verloop alles nie so vlot nie en bevind sy haar in die een penarie na die ander - alles natuurlik deur haar eie toedoen.
 Sundays at Tiffany’s, James Patterson en Gabrielle Charbonnet (Century, R180)
Jane Margaux skryf ‘n tweeman vertoning wat gebaseer is op haar verhouding met haar denkbeeldige vriend, Michael uit haar kinderdae. Hy het haar bygestaan deur dik en dun en sy het alles met hom gedeel. Met haar negende verjaardag het hy haar gegroet en uit haar lewe verdwyn. Jane het ‘n verhouding met Hugh McGrath wat die rol van Michael vertolk het. Sy voel onvergenoegd, want Hugh dra nie veel by tot haar selfvertroue nie. Sy soek eintlik na iemand soos Michael. Op ‘n besoek aan haar gunsteling plekke uit haar kinderdae, sien sy‘n man wat presies soos Michael lyk. Maar voor sy by homkan kom, is hy reeds weg. So ontvou ‘n romantiese verhaal met ‘n kinkel in die kabel.
All you need is love, Carole Matthews (Headline Review, R214)
Sally Freeman is ‘n behoeftige enkelma wat streef na beter omstandighede vir haar en haar seuntjie Charlie. Die munisipale huis in Liverpool waar hulle bly, is verwaarloos en om alles te bekroon het sy nie ‘n werk nie. Haar kêrel Johnny het ook nie veel ambisie of dryfkrag om hul omstadighede te probeer verbeter nie. Sy het durf en wilskrag om te probeer. Sally skryf in vir ‘n rekenaarkursus wat deur die plaaslike stadsraad gereël word vir die mees behoeftige mense in die buurt. Sy ontmoet Spencer Knight, haar moontlike redder en uitweg na ‘n beter lewe en die aanbieder van die kursus. Maar is hy die regte man vir haar? En waar pas die liefde in by haar plannetjies?