Op 28 September kan jy deel wees van die drama agter die skerms wanneer die tydskrif Vogue op straat moet verskyn, in die Amerikaanse dokumentêre prent in die cinéma vérité-styl, The September Issue. Die regisseur is R.J. Cutler, wat al vir ’n Oscar benoem is, en hy neem kykers op reis deur die wêreld waar Anna Wintour, Vogue se hoofredaktrise, regeer. Wêreldberoemde mode-ontwerpers soos Jean-Paul Gaultier en Vera Wang kry ’n beurt, en kykers sien self hoe ’n uitgawe van Vogue lewe kry. Vliekvlooivrydae begin om 18:30 vir 19:00, en kos R125 per persoon vir die film, ’n heerlike aandete en wyn. Die spyskaart vir die aand bevat onder meer ’n keuse van klein vou-disse en koeksisters met kaneel en lemoenskil vir nagereg. Net vir die film en wyn kos dit R45 per persoon. Die landgoed se sauvignon blanc, ’n enkelwingerdwyn wat eersdaags bekend gestel gaan word, sal aangebied word. Gaste kan ook rooi wyn of nie-alkoholiese drankies kies. Besprekings is noodsaaklik. Gaan na www.cinemuse.co.za/201/01/venue-le-bonheur vir nadere besonderhede.