Hierdie hoekie in die huis het maar bra afgeskeep gelyk en die vertrek het 'n bietjie kleur nodig gehad om dit lewe te gee. Ek is mal oor rooi en het besluit om twee van die vertrek se mure 'n bietjie op te zoosh! (Dït terwyl manlief op 'n besigheidstrippie was. Dit is makliker om verskoning te vra as om toestemming te vra...). Ek noem dit sommer my persoonlike biblioteek - want hier is 'n magdom CD's en boeke waar ek kan luister en lees terwyl ek uitspan op die swart bank.

Sien ander hoekies/vertrekke