“Dat seisoene kom en gaan, is ’n konstante. Soos die son wat smôrens opkom en saans ondergaan. Dié dat digters en skrywers, wêreldwyd en oor eeue heen, so graag die lyn trek tussen seisoene en gebeureopons lewenspad. Vreugde en hartseer, val en weer opstaan, omhels en koebaai sê, is alles ook konstantes, want dis deel van lewe en menswees. Meermale is winter die beeld vir swaarkry en seer, lente wys ’n nuwe begin en somer is die vooruitsig. Lente is dus ’n oorgang, ’n tussen-in-seisoen waar die fokus val op wat agter ons is, en op wat voor ons lê. Hoe kosbaar sal dit wees as ons liefs fokus op die hier en nou – die lente in blom!”

*Lize Beekman se splinternuwe DVD, Ek was al daar, is pas bekendgestel.

Lees ’n onderhoud met haar.