Ek kan nie sonder kleur lewe nie en boonop is ek baie sentimenteel en hou val enige item met karakter. Hoekom sit mense altyd ouma se koppies in die kas vir eendag ? Sit dit in 'n raam, hang dit op geniet dit en gebruik dit vir 'n heel ander doel. Baie van my goed bedel ek my vriende. Die Oranje emalje koffiekan het ek in Gieterveen, Nederland gekoop. Die betrokke stalletjie het blomme verkoop, maar ek het meer van die koffiekan gehou en siedaar, vir 30Euro Gieterveen altyd deel van my lewe wees.

Die hekkie voor die kaggel is 'n ou tuin hekkie. Die hekkie het ek gaan steel toe hulle die huis afgebreek het. Die bordjie en die nommer het Oupa nog self doerie jare op die hekkie gesit.

Die paar stewels voor die kaggel behoort aan my vriendin wat Holland toe getrek het en siedaar - propvol sonneblomme kuier sy altyd saam voor die kaggel.

Sien ander hoekies/vertrekke